Hoekom is daar geen Afrikaanse Kitaar musiek op die web nie ?

greenspun.com : LUSENET : Stigting vir Afrikaans : One Thread

Ek het so 'n paar maande gelede begin om myself te leer kitaar speel. Een van die eerste dinge wat ek gedoen het, is om die koorde en lirieke vir so veel moontlik liedjies van die internet af te trek, sodat ek iets het om te oefen. Tot my GROOT verbasing is daar absoluut geen afrikaanse kitaar musiek op die web beskikbaar nie. Ek het reeds meer as 40000 engelse musiek stukke (lirieke, koorde en "tabs") van die web afgetrek en kan 'n hele paar van die reeds goed genoeg speel om nie meer selfbewus te voel nie. Maar wat ek werklik wil speel is afrikaans!! Volksliedjies en dan ook goed soos Kerkorrel , Laurika, Koos Du Plessis, ens. en daar is NIKS op die hele web nie, en glo my ek het DEEGLIK gesoek. Ek weet ek kan dit gaan koop by musiek winkels, en het reeds een of twee liedjies se blad musiek so bekom, maar die waarheid is dis buitensporig duur (vir iemand wat maar net wil tokkel by die braaivleis vuur) en boonop amper onmoontlik om te verstaan sonder 'n musiekale agtergrond. ("tabs" en koorde is baie makliker) Is daar dan geen afrikaners wat kitaar speel en 'n beginner wil uithelp deur so paar liedjies op die web te sit nie ?

-- Johan van Niekerk (johanvn@mail.petech.ac.za), July 11, 2000

Answers

Ja weet iemand van kitaar musiek op die net. Het self al ure gesoek. As daar mense is wat kan help met hul EIE verwerkings en aan my stuur wil ek 'n webblad begin. Sal net die kopiereg ding moet dophou. Email my asb lerouxj@ctc.co.za as daar iemand is wat kan help.

-- Jacques le Roux (lerouxj@ctc.co.za), April 22, 2001.

Ja-nee ek het ook al tyd gemors om afrikaanse musiek in die hande te kry, maar niks gekry nie. Ek het toe maar begin rondvra vir mense vir musiek--maar ek is in amerika en dit maak dit eintlik ontmoontlik, gelukig het ek toe n suid-afrikaner wat in amerika is ontmoet, en hy se hy het hope musiek wat hy vir my sal pos. Nou ek sal die musiek begin deurgaan as ek dit kry en dan sal ek die goeie's scan en vir julle op my website sit. Die adress is http://jakalas.homestead.com/index.html Maar julle sal so n ruk moet kans gee ek is tans in Arkansas en ek moet eers weer huis toe gaan en die musiek ontvang voordat ek dit kan begin deurgaan, maar ek hoop om dit so gou moontlik te doen , want ek weet dat ek nie die enigste een is wat afrikaanse musiek wil speel nie. Ek hoop dit sal julle effens help. En sterkte met daai kitaar ek is ook nou besig om te leer maar is maar nog vrot so ek se eerder niks nie hehehehe.

-- Pieter Leibbrandt (pieterleibbrandt@hotmail.com), May 26, 2001.

Stem saam met die ouens hierbo. As enige iemand afrikaanse tabs of lirike het of op die net kry, mail my asseblief. Ek soek myself dood, maar ek kry niks. Sal dit baie waardeer.

--Timo Tait (taitbom@yahoo.com)

-- Timo Tait (taitbom@yahoo.com), May 27, 2001.


Ja nee kerels,wat n nagmerrie. Ek soek seker nou al 10 ure (totaal nie aanmekaar nie) , en ongelukkig is hier in Engeland nie n kans dat ek bladmusiek sal kan koop nie.

Ek dink Pieter se idee is skitterend. Sal maar nog steeds rondvra en bel en as ek iets teekom julle kontak.

Sterkte

-- Beukes Vorster (beukesv@yahoo.co.uk), June 02, 2001.


Hi almal,

My naam is Gerhard Bunk, tans woonagtig in Namibia. Het so 2 weke gelede kitaar gekoop en is nou in die proses om te begin leer. Het 'n paar boeke gekoop, maar die is nie veel van hulp. Enige idees / voorstelle sal baie(so 'n eg Suid Afrikaanse woord) gewaardeer word. Ek sien van julle se ook dat julle reeds "songs" ens het. Ek sal dit waardeer as julle so iets na my kan "forward". Ek sal ongelukkig nog net die volgende twee weke op hierdie Email adres wees. As ek vireers niks hoor sal ek later weer reageer. Groete Gerhard

-- Gerhard Bunk (africono@mweb.com.na), July 10, 2001.



Hallo almal!

Ek is 15 jaar oud en het in Januarie(2001) begin kitaar speel. Ek speel nou al vir 6 maande en het regtig goed gevorder. Nou wil ek lekker Afrikaanse liedjies speel. Tot my verbasing is moet ek uitvind daar is nie! Baie dankie aan die 'Ou ooms'(grappie!) wat tuistes wil begin hiervoor. Hopelik sal ek binnekort 'n paar van hierdie liedjies kan speel. Ek sien uit daarna!

-- David Malan (djmalan@eastcape.net), July 18, 2001.


Nog `n hartseer afrikaaner wat leer guitar speel en Bladmusiek nodig het.

-- Jannie Myburgh (jannie211@yahoo.com), July 26, 2001.

Ons sal beslis kyk wat gedoen kan word. www.musiek.co.za is 'n opreggeteelde Afrikaanse musiek webwerf en word deur Afrikaanse kunstenaars aan die gang gehou. As daar iemand is wat beslis kan help, sal dit die kunstenaars self wees. Laat die versoeke maar inkom. Al is die werf kronies onder konstruksie, besoek gerus http://www.musiek.co.za

-- Ambrose van Eeden (info@musiek.co.za), August 04, 2001.

Ek hoor wat almal van julle sê en kan ook maar net saam moun, ek meen ek is ook op soek na lekker afrikaanse musiek, veral van kunstenaars soos Louise Van Rensburg (Veral sy "Vos Haar Nooi"), Anton Goosen ens. Sal dit baie waardeur as julle enige musiek kry om dit na my toe ook te "E-mial". Hoop julle kom reg.

-- Tommie Wiesner (twiesner@financialiq.net), August 15, 2001.

Ja Swaar, Ek dink dit suig dat ons nie afrikaanse musiek op die net kan he nie. Ek sal laaik om sulke goed soos Anton Goosen en Randel Wickem te sien.Kom ons begin n' petisie, of dagvaar of so iets.

-- Jaco Hoffman (jhoffman@financialiq.net), August 17, 2001.


Ek speel al vir 5 jaar guitaar en skryf net my eie musiek(afrikaans). Ek stem saam daar is nie genoeg info en musiek van die kunstenaars op die web nie. Maar ek en my pa is besig om n site te skryf net vir kunstenaars. Daar kan hulle cd's gekoop word en daar is ook baie info oor hulle optredes en waar en wanneer.Info oor hulle self en nog meer. Dit is nog onder konstruksie maar is amper klaar. So voel vry om daarna te gaan kyk. Onthou net dis nog nie klaar nie maar die basiese buitelyn van die site is daar.

-- nico-jacques van eeden (nj1@iafrica.com), August 17, 2001.

Net so moeg gesoek na Afrikaanse blad musiek op die net. Ek soek veral blad musiek vir Christelike liedere. Enige raad is welkom. Ek het geen idee hoeveel blad musiek nou kos om te koop nie.

-- Theuns van Eeden (tveeden@za03.mck.co.za), August 21, 2001.

Vergeet van kopiereg! As ons Afrikaanse musiek op die net kan kry sal meer mense dit sing en speel, en dis mos hoe ons ons taal bevorder - nie deur publiseerders ryk te maak nie! As ons Afrikaners onsself wil sien as voor aan die tegnologie-tydperk, moet ons weer dink: Hier is 'n sprekende voorbeeld van hoe ver ons eintlik agter is. Ons moenie terugsit nie - ons het iets om oor trots te wees en die hele wêreld moet dit kan sien!!!

-- Marius Fuls (struwig@xpoint.co.za), September 02, 2001.

Hi ouens ek het nie girls gesien nie my naam is pero van suid afrika bly nou in london as julle n liedjie soek email my en ek sal dit vir julle kry ek het n magdom van songs reeds uit gewerk en dal sal ek julle dalk kan help alle hiul en slangspoeg pero

-- Pero hattingh (perohatting@yahoo.com), October 14, 2001.

Ja!!!!Waar is die goeie musiek op die net-Koos Kombuis, Karen Zoid, Akkedis en daai ouens.Ek is 15 jaar oud en speel al 5 jaar kitaar. Ek kan reeds baie van hulle songs self uitwerk, maar 'n bietjie hulp sal regtig waardeer word.Komaan ouens, DOEN IETS!!!

-- Henno Engelbrecht (elmich@mweb.co.za), October 21, 2001.


hello my naam is leon,nuut in die snaar slaan besigheid enige afrikaanse tabs sal moerse waardeer word, Mail my by leonpottas@yahoo.com by voorbaat thank's

-- leon (leonpottas@yahoo.com), October 30, 2001.

Ek dink dis GREAT om dinge so te sien broei, een van die dae sing ons almal saam!! Yeehaa!! Ek het 'n hele paar afrikaanse songs in my versameling, o.a. Laurika, Koos (Kombuis en du Plessis), Laurinda, Lucas, en hier en daar 'n paar ander. As enige iemand van die songs soek, sal ek dit vir julle e-mail, maar moet asb nie tabs verwag nie, en diés wat ek het is ook nie vreeslik verwerk nie, meestal sommer eenvoudige 3 akkoord verwerkings. O, en soms het ek die toonhoogte verander, want ek sing nogal hoog, maar kyk maar of dit werk. So, keep it up en speel die snare op daai kitare, viva afrikaans!!

-- Jeanine (the_jenster1@yahoo.com), November 02, 2001.

Ek het self heelwat engelse lirieke opgespoor asook 'n paar afrikaans, maar meestal Laurika Rauch sonder drukke natuurlik. As iemand vir my afrikaanse lirieke wil stuur sal ek dit hoog op prys stel

-- Augnischa van eck (avaneck@volksblad.com), November 21, 2001.

Bly om te sien ek is nie die enigste een wat myself moeg soek nie. Sal baie bly wees as julle dalk vir my enige Afrikaanse liedjies kan stuur.Gaan weg die vakansie en soek iets nuuts om myself te leer, nou dat ek tyd het.Dankie en hoop om gou van iemand te hoor. En sodra ek iets kry sal ek julle laat weet. Dankie en Groete

-- Elize Gey van Pittius (elizeg@hotmail.com), November 28, 2001.

Ek het ook al die internet vol gesoek na Afrikaanse Bladmusiek. Soos wat hulle sê " 'n boer maak 'n plan " het ek toe my kitaar gevat en net begin luister. Ek het nou al hele paar Afrikaanse Bladmusiek stukke uitgewerk. My gunsteling is Gert Vlok Nel - Beuatifull in Beaufort wes.

As julle enige bladmusiek soek, vra maar net want ek kan altyd 'n plan maak.

-- Fritz Mulder (9912479@ctech.ac.za), December 06, 2001.


Ek soek al vir jare na die musiek. Hou op soek want daar is niks. Die enigste manier wat daar iets op sal wees is as een van ons dit daar op sit. De hel met die "copyright". Daar is duisende engelse musiek op die web, hoekom nie afrikaans nie. Ou Koos sal homself nie bekak as iemand sy musiek op die web sit nie want die mense wat regtig sy songs wil gebruik om geld te maak met vertonings kan sy boek gaan koop. Die wat nie die boek wil koop nie, is ouens wat maar om die vuur wil sit met 'n bottel Tas en sing vir eie plesier (miskien om 'n girl of twee te impress) soos die meeste dudes hier.In elk geval sal Koos koning bly, maak nie saak wie sy song sing nie. Nie eers ou Laurika nie! Ek is 'n webdesigner, amateur kitaar speler en patriot. So as julle nou almal vir my stuur wat julle het, sal ek 'n donderse site maak en dan kan almal ophou soek!!! Ek sal kyk hoe lyk die opkoms. As dit genoeg is vir 'n web-page sal ek later die URL op die bord aandui...

-- Blikkies (dablik@hotmail.com), January 15, 2002.

Dis nou presies een week later. Nog geen reaksie nie. Ek wonder hoekom is daar niks afrikaans op die net nie....

-- Blikkies (dablik@hotmail.com), January 22, 2002.

Hallo mense

My email adres het verander. Ek is hier êrens op die blad. Sien julle later.

-- Fritz Mulder (fmulder@sun.ac.za), February 14, 2002.


Ek het al vir Google gaar gesoek, maar kry niks Koos Kombuis Tabs nie. Nou ek is al goed genoeg om my eie Koos se songs se akoorde uit te werk, maar nou soek ek die warm blankes se deel wat hulle speel. Ek sal enige iemand wat die akoorde soek dit e-mail, maar dan moet iemand my asb. help en die tabs vir my stuur. Ek stem saam met J van Niekerk. Iemand wat goed is met web ontwerp moet net vir ons 'n Afrikaanse tab webbladsy oopmaak en dan sal ek en almal wat hul eie tabs en akoorde kan uitwerk die liedjies op die web upload. miskien kan die persoon wat die webbladsy oopmaak sommer se hoe 'n mens liedjies op n bladsy soos olga.net laai, dan vat ons dit sommer oor met afrikaans. Help my asb.

-- J516 vdW (vleiland@xsinet.co.za), February 17, 2002.

Manne,

Dis vir my mooi!! Om te sien hoe vuring julle op soek is na Afrikaanse musiek. Jammer n site soos dit realiseer nie! Al gehoor van die groep GAS. Gaan Check hulle uit by www.geocities.com/gasproduksies Bly Afrikaanse musiek ondersteun!! Sien Julle by die KKNK. Cheers!

Andre Fourie

-- Andre (Andre.Fourie@monex.co.za), February 20, 2002.


Kom aan kerels

Daar moet tog 'n site wees waar ons free afrikaanse tabs kan kry so 'n bietjie worsie en koos of dalk pieter smith

-- Precious (jp42@mweb.co.za), February 22, 2002.


Goeie dag almal van die Afrikaner nasie! Enige iemand wat van daardie kitaar bladsye elektronies het en die tyd op hande het!? Ek sal graag myself wil leer hoe om ons musiek te maak hier in Ierland, want die weer gaan my beslis nie laat glimlag nie, so enige elektroniese pos sal opreg waardeur word

-- Tjaart (tjaart.boshoff@mhb.ie), February 28, 2002.

"As jy n'helpende hand soek,kyk aan die einde van jou arm!"(Boetlee) Ek stem saam.Ons sal self die probleem moet uit sort.Ek weet van n' Valiant Swart songbook met woorde en akoorde.Dit behoort aan Platanna, stigterslid van "Furr oppi dash"

-- Georg Nieuwoudt (georg@green-door.co.za), March 06, 2002.

Ek het al 'n voorstel gemaak so rukkie terug. (Sien bo). maar nog net een persoon het vir my gemail in die verband. Ek is lief vir die taal en ek kan 'n website opsit maar daar is niemand wat bereid is om hulle musiek (nie eers eie verwerkings!) vir my te gee dat ek dit op 'n bladsy sit nie. Julle moet maar almal lekker huil en kla. Dinge gebeur nie vanself nie. Ek het my dienste ge-offer maar daar is niemand wat iets wil insit nie. Julle sit almal net en wag vir 'n URL waar alles vir julle gedoen is. Suffer maar julle klomp slapgatte!

-- Blikkies (dablik@hotmail.com), March 10, 2002.

Hallo almal Ek se ook dit is absoluut strooi dat daar geen afr. tabs,akoorde ens. op die web is nie. Ek kan so nou en dan 'n liedjie se akoorde self uitwerk en dan speel. Ek dink ons almal moet dit begin doen en op die ander websites soos www.guitartabs.cc/ Die afrikaanse liedjies submit anders gaan niemand dit doen nie! Help julle ouens my nou net bietjie uit man! Thanx!!!!!!

-- carla van Wijk (vvanwijk@mweb.co.za), March 11, 2002.

Hallo Mense

Ek het so pas 'n uur en 'n half gesukkel om "Voshaarnooi" van Louis van Rensburg te kry. En toe beland : hier by julle! Ek stem saam met julle dat daar 'n website met afrikaanse musiek gemaak moet word. As julle met iets begin of op iets afkom e-pos vir my groot 'seblief.

-- Ernst Kotze (13211234@sun.ac.za), April 18, 2002.


Wel mense ek soek ook my gat af vir musiek om op die kitaar te speel maar al hulp wat ek het en gekry het op die web is: WWW.TABS.CO.ZA Dis sover die beste site om die meeste te kry maar laat weetr my asb as julle dalk al van beter ken.

-- Hennie Schoonwinkel (henniesch@absa.co.za), April 24, 2002.

Ek is so bly om te sien dat daar so baie ouens is wat in afrikaanse musiek belang stel. Dit wys dat ons taal nog veeeer van sterwend af is. Ek het my self so 2 jaar gelede leer kitaar speel. Hou self baie van tokkel. Ken nou nie al die "fensie" drukke nie(leer nog al die pad), maar kan darem noot hou. Ek is opsoek na bekende lekker-sing liedjies. Koos du Plessis, Luarika, christelike musiek en sommer alles wat maklik leer. Self het ek n' paar christelike liedere met maklike drukke wat ek graag met ander deel.

Lizelle

-- Lizelle (lizelle_reynolds@hotmail.com), April 25, 2002.


Ek dog ek is die enigste een wat 'n bietjie anders wil wees en my moedertaal bevorder, veral op kitaar vlak. Ek speel nou al 2 jaar lank en kan alles speel van tracy chapman tot saron gas en bloodhound gang maar net mooi niks Afrikaans nie, behalwe "Die Stem" maar nou ja, in die nuwe SA kyk mense jou baie snaaks aan as jy met jou Gibson om die kampvuur sit en te begin met "Uit die blou...".

Ek sien daar is nie vreeslik baie antwoorde op die vrae nie so ek sal maar kort kort inval om te kyk.

Ek gaan wiel, It's been real!

W

-- Werner (9903452@student.rau.ac.za), April 28, 2002.


Ek het gesien daar is iemand wat tabs.co.za noem. Baie goie site maar geen afrikaans nie. As julle internationale tabs soek, probeer www.harmony-central.com. Wenner site!!

niks soos 'n bietjie Live of REM nie, behalwe Afrikaans natuurlik!!!

-- Werner (9903452@student.rau.ac.za), April 28, 2002.


Hey...iets is aan die broei! Ek het nou al twee mense wat bereid is om saam met my 'n poging aan te wend vir die afrikaanse tabs/chords website te begin. Dankie aan Corne en Eduard vir julle responce! As daar iemand anders is wat deel vir wees van hierdie splinter-nuwe vars produksie, mail my!!!

-- Blikkies (dablik@hotmail.com), May 21, 2002.

Ja-nee! Dis vir my mooi om te sien ek's toe alliepad nie die enigste een wat sukkel nie! Ma dis nogal sh...leg om agter te kom dat niemand van ons Afrikaanse grotes hulle musiek wil deel nie!

ou Blikke, ek's ok in!

Tot Later!

-- Marlou van der Merwe (gordon@xsinet.co.za), May 21, 2002.


'n Vriend van my bly nou die res van die jaar by my en hy het 'n kitaar wat ek besig is om te leer speel. Koos Kombuis is een van my groot liefdes, agv nostalgiese redes oor my meisie, en ek soek myself kastoe vir tabs of chords. As iemand dalk vir Oom Koos kan vra of hy ons dalk net 'n bietjie kan help. Ek is nou wel in matriek maar ek kan baie tyd op my hande hê as ek will, so kontak my maar as daar iets gebeur dan sal ek kyk of ek kan help!!!!

-- Andrew de Wet (a_gentlegiant@hotmail.com), May 22, 2002.

Dis half-een in die oggend. Ek sit in Edinburgh en luister na Theuns Jordaan en deel julle frustrasie, want my kitaar ken net van Ingels speel en ons altwee juk vir die Taal. Blikke ek gaan jou e-mail om te sien of enigiets al opgedaag het en dan sal ek maar my BAIE nederige musiektalent moet inspan en 'n paar tabs saamflans. Al is dit net om 'n paar van julle genuine musikante te laat regop sit en my reg te help! So spaar my die vernedering, hou op kla, werk die tabs uit en stuur vir die webmaster!

-- Robyn van der Poel (robynvdp@hotmail.com), May 24, 2002.

As iemand tabs kry van Oom Koos mail my asb. Ek soek al lank na Afrikanse musiek en ek kry Fokkol. As ons almal net saam soek sal ons tog iets kry.

-- Vlos (rickusv@bullsfan.com), May 29, 2002.

Hey mense, as iemand tabs wil plaas kan julle vry web spasie kry by www.virafrikaans.com.

-- Robert Thorburn (rht@boxfrog.com), July 02, 2002.

ek is jammer maar ek sou moes saamstem met blikkies...die site local is lekker is my site en daarin se ek dat mense wat afrikaanse musiek soek vir my moet e-mail stuur en tot nou nog net een reply... so mense ek wil graag help....stuur vir my mail!!!!

-- rudi greyson (rudi.greyson@ast.co.za), July 05, 2002.

Hey ouens... wat van bladmusiek vir klavier? Ek lees net van kitaar akoorde en ongelukkig kan ek nie kitaar speel nie. Sal graag lekker afrikaanse songs vir die kanadese speel.

-- Tanya Gardner (tgardner_8@yahoo.com), July 09, 2002.

Ai,my innige simpatie met julle ouens wat so sukkel met die kitaar lirieke, ek sukkel self my verstand af, ek weet eerstens nie eens behoorlik waar om te gaan soek na woorde nie, veral christelike musiek, wat nog te se vir kitaar. Ek speel self kitaar maar werk maar my eie drukke uit omdat ek ook nie iets kry nie. Enige iemand dalk 'n webmail adres waar ek dalk liedjies se woorde kan kry? Ek sal julle hulp werklik waardeer.

-- liza (punzull@medscheme.com.na), July 15, 2002.

Wat kan ek sê; as julle iets kry mail dit asseblief vir my... Dankie

-- Eugene (eugene@wizzdoc.co.za), July 22, 2002.

Ek self soek nou al lank op die internet vir afrikaanse musiek.Tot nou toe het ek maar self die note uitgewerk. Laat weet my asseblief as julle ouens iets kry.

Cheers Juan

-- Juan Smit (smittiej@mailbox.co.za), August 05, 2002.


EK DINK DIT IS SOMMER K@k! ONS LOVE EN ONDERSTEUN AFRIKAANSE MUSIEK VIR GEEN LURIEKE. HEU MAN WAKE UP JULLE GAAN FANS VERLOOR.

-- pierre reyneke en sy broer jurgen (coisreyneke@cybertrade.co.za), August 11, 2002.

Ek soek nou al 2 maande lank op die web vie Afrikaanse musiek. Die woorde help my nie baie nie, want ek ken dit. Ek soek die musiek wat daarmee saam gaan.

-- Emile Steenkamp (esteenkamp@truworths.co.za), August 13, 2002.

ja Maters almal kla dat dit klap. Die site het lirieke - http://www.gipsie.co.za/

Ek soek ook jpgs of Giffs van Knersus, Trompie , groenie die draak , liewe heksie

Mail my asb met enige iets gooi mielies!!

-- Riekert (riekman@yahoo.com), August 16, 2002.


Swaar om Afrikaans te wees!

Hi daar aan almal. Ja ons almal soek lirieke en akoorde. Ons soek ons mors dood en geen reaksie. Ek soek lirieke en akoorde van Dozi ens. Word daar niks aan ons Afrikaanse taal gedoen om dit te bevorder en om dit vir ons ouens lekker te maak nie? Laat my ASSEBLIEF weet as julle iets kry?

Groete van Parow

-- Sean Meiring (meiringhouse@worldonline.co.za), September 14, 2002.


Ek dink dit is belaglik dat daar geen afrikaanse musiek op die web is nie, ek het ook nou al my tyd gemors deur te soek (letterlik ure!!!) As iemand iets kry laat weet my ook maar asb...

-- Heska le Roux (iti10495@mweb.co.za), September 15, 2002.

Hi julle, ek't in my vorige e-mail vergeet om julle te sê... Ek kan julle ongelukkig nie help met bladmusiek nie want ek soek self, maar as julle lekker afrikaanse musiek soek om te luister koop Pieter Smith se cd 'rooi kar' dit het my al ure se genot verskaf. En as jy nou regtig Afrikaans-behep is soos ek, gaan kyk maar een van sy shows, dis regtig 'n belewenis!!!

-- heska le roux (iti10495@mweb.co.za), September 15, 2002.

Gert Vlok Nel Rules!!! Sit in Denemarke en probeer om sy drukke/koorde vir Beautifull in Beaufort-Wes optespoor. As ek kon sou ek graag wou help, maar ten mindste het almal op hierdie poslys e- mails, so hoekom nie hier begin nie. So kan ons mekaar help en die goeie Afrikaanse musiek vir die wêreld speel. Help my...

-- Jan du Preez (preez@post.tdcadsl.dk), September 22, 2002.

Hi daar almal

Ek lees hier deur al die antwoorde en besef dat daar nou al meer as 'n jaar verby gegaan het en nog niks het gebeur nie.Hoekom moet ons so slapgat wees??? Wys bietjie vir die ingelse sites soos www.olga.net hoe lekker afrikaanse musiek kan wees! Geld kan hier gemaak word!

-- Rudi (ruds_za@yahoo.co.uk), October 08, 2002.


Hi Almal,

Ek is duidelik laat wat die gesprek aan betref maar ek soek nou presies 10min op die web vir Afrikaanse musiek drukke vir die kitaar. Ek het ongeveer 45 liedjies gekry by tabs.co.za. Hulle het 'n spesiale link vir Afrikaans. As ek na julle kommentaar luister is dit nuut. Dit is nie in alle gevalle vreeslik gebruikersvriendelik nie maar dis 100% beter as niks. Wie dit ookal gedoen het BAIE dankie. Lekker tokkel!!

Cheers

Jan Meintjes.

-- Jan Meintjes (jmein@iafrica.com), October 09, 2002.


Hi

Ek stem 100% saam met al die mense!!! Ek het ook hierdie jaar geleer kitaar speel en so ook my broer. Ek wil graag Afrikaans speel en soek liedjies op die web. Dit kos te veel om sulke boeke te koop en dis maklik op die net.

Komaan maak vir ons 'n plan asb!!!

-- Yolanda van der Merwe (vcw@cybertrade.co.za), October 11, 2002.


Ek is bereid om n webtuiste vir afrikaanse tabs te skep want ek is nou ook gatvol om vir koos se tabs te soek en ek het regtig nie die tyd om die drukke uit te figure nie, as enige iemand voorstelle het of enige bydraes om te lewer, e mail my en afhangende van die belangstelling kan ek SGAM begin met die ontwerp

-- stretch (administrator@interplay.za.net), October 12, 2002.

Ek is nie 'n kitaar speler nie maar sal graar Afrikaanse klavier bladmusiek will bekom! Laat weet maar as enige iemand iets opspoor op die web! Groete van die Sonnige California!

-- Anneline Welgemoed (anneline.welgemoed@ingenix.com), October 12, 2002.

ek het 'n "link op hierdie forum gevolg en raai wat ek kry toe so waar musiek met akoorde, by http://www.tabs.co.za/afrikaans/index.html daar is nog nie baie nie maar ek hoop daar sal meer op duik, www.musiek.co.za het slegs die lirieke geen drukke nie, ;< ek sal julle laat weet as ek intussen nog kry

-- Frans de waal (flash@lando.co.za), October 19, 2002.

Hallo julle... Dankie aan almal wat my al so baie gehelp het om kitaar drukke te kry. Julle is regtig nice en maak my ou afrikaner hartjie sommer vinniger klop!!! DANKIE DAARVOOR Groete *Heska*

-- Heska le Roux (iti04195@mweb.co.za), October 20, 2002.

Hallo ouens

Ek wou net weet of blikkies enige verwikkelinge getoon het en of hy nou al n website begin het, anyways wou ek maar net laat weet dat by www.tabs.co.za daar wel n paar afrikaanse liedjies is bv Royal Hotel van D Kramer ens en nog npaar van onse ou Koos, Laat dit goed gaan en bevorder ons mooi taal,

Enkosi :-} lol I.Dreyer

-- I.Dreyer (13371169@sun.ac.za), October 20, 2002.


EK EN 'N GOEIE VRIEND SPEEL OMTRENT 4 JAAR GITAAR EN SKRYF ONS EIE LIEDJIES (NET IN AFRIKAANS). DIT IS EINTLIK SKOKKEND DAT DAAR GEEN AFRIKAANSE MUSIEK OP DIE WEB GEVIND KAN WORD NIE, MAAR MISKIEN MOET ONS OPHOU KLA DAAROOR EN IETS BEGIN DOEN OMTRENT DIE PROBLEEM. ONS AFRIKANERS IS TE VEEL GENEIG OM TE KLA IN PLAAS VAN OM DIE PROBLEEM OP TE LOS. AS IEMAND 'N WEBSITE KAN BEGIN, KAN ALMAL HUL EIE KENNIS WAT HULLE ALREEDS BEKOM HET VAN AFRIKAANSE MUSIEK BYDRA EN DIE MET MEER ONDERVINDING KAN DIE BASIESE IDEE VAT EN DIT MEER ONTWIKKEL EN SO SAL ONS DAN ALMAL SAAM DIE REGTE "TABS" OP DIE EINDE VAN DIE DAG KAN SPEEL.

-- ADRIAAN JONKER (qsmeda@hotmail.com), October 22, 2002.

kan iemand asb vir my net 'n paar liedjies emial, hier is 1 of 2 afrikaanse liedjies se drukke.

koos kombuis - johnny G D Em C

speel 4tyd.

lente in die boland.

G D C D G

ek dink dit is ook 4tyd.

ASB mense kom ons help mekaar so. Cheers

-- Andries Vijloen (damas@mweb.co.za), October 28, 2002.


Boys, Ek hoop julle kom reg! Ek kan julle glad nie help nie, so ek het maar besluit om julle te laat weet dat ek julle nie kan help nie, sodat julle darem weet ek het meegevoel vir dit waardeur julle gaan! Ek dink net dit moet die aller-vreeslikste trauma wees waardeur julle gaan! As julle niks regkry nie, moet julle maar draadloos luister of Voortrekker liedjies sit en sing langs julle misrabelde ou vuurtjie! Cheers vir eers!!!! Mafoeta Mis-lig

-- Mafoeta Mis-lig (mafoeta24@yahoo.co.uk), October 31, 2002.

HULP DRINGEND BENODIG VIR OPNAME VAN MY AFRIKAANSE CD. !!!

Goeie dag aan almal. Ek is opsoek na mense wat my kan help om Arikaanse lirieke my n ander tema vir songs soos bv "Amazed" en "If tomorrow never comes" Ek soek humoristiese songs om weer n bietjie HUMOR op in Afrikaans op die rakke te sit so as iemand my kan help, mail dit na meiringhouse@worldonline.co.za asseblief en sê ook op watter song dit gebasseer is.

Ek sal dit regtig baie waardeer.

Groete aan almal

Sean Meiring, Kaapstad

-- Sean Meiring (meirinhouse@worldonline.co.za), November 02, 2002.


?!?!?!?!?!?!?!?!?!?!?!?!!?!??!?!?!?!?!?!?!?!? Hoop ons kom erens, want ek sit in Pommieland London en is Gvol om die rooi taal heeldag te praat. Ek wil nie by die huis kom en dit nog leer sing okkie. Dit maak die mense wat saam my in die huis bly ook mal!! (Kan my stem of die geluide wat uit die kitaar uit kom ook wees wat aanleiding hierna gee!!?!?!?!?!?!?!)

So as iemand Afrikaanse en/of Christelike Afrikaanse musiek het, asb help my en die bure uit!!

-- Johann en Liesl Janeke (Janeke2002uk@yahoo.com), November 06, 2002.


Dag kerels!!

Ek het dit nou beleef - en glo my Daa ISSIE!!! Daar moet tog 'n site wees waar ons free afrikaanse tabs kan kry so 'n bietjie worsie en koos of dalk pieter smith!! As iemand my kan help sal met musiek, sal ek dit baie wardeer. Cheers

-- Martin Nienaber (martinnienaber@yahoo.co.za), November 13, 2002.


Wel mense - ek het 'n hele klompie Afrikaanse musiek op my rekenaar. Wat ek nie het nie is ek bereid om uit te tik en die akkoorde in te sit. Laat weet maar wat julle wil hê en ek sal e-mail waar moontlik! Groetnis

-- Elmarie (thekilians@mweb.co.za), November 20, 2002.

Haai almal!! Ek is actually hard besig om te bou aan 'n site vir Afrikaanse tabs, ek hoop om hom teen einde Januarie up and running te hê! As julle tabs het om te contribute, e-mail hulle vir my dan sit ek hulle op, die hele site is actually al amper klaar gebou maar ek soek nog vir 'n host ens.. So, ek sal definitief weer van my laat weet sodra ek klaar is!! Cheerio!

Ruan

-- Ruan Swart (swart_za@yahoo.co.uk), November 24, 2002.


Hey almal! Ek is opsoek na Karen Zoid se Engel-drukke, maar soos almal hier het gesukkel om dit te kry. So as iemand dit het sal julle dit asseblief vir my e-mail. Geniet julle dag verder. Bubye

-- VeRnEtTe (vbbennett@lantic.net), November 24, 2002.

Hi Mense dis weer ek ek! Na 'n harde week se lang aande is my site op! Wees gewaarsku: Daar is nog 'n paar links wat 'n bietjie dodgy is maar ek is so kort-kort besig om hom te kry om 100% reg te wees- hopelik sal hy binne die volgende week 100% verbruikersvriendelik wees! So laat my weet wat julle dink!!

http://www.afrikaanstabs.jislaaik.com/Main.htm

So begin solank tabs aanstuur na my e-mail, dan sit ek dit op! En- vertel vir jou vriende!!! Cheerio!!!

-- Ruan Swart (swart_za@yahoo.co.uk), November 30, 2002.


Dankie aan almal wat voor my gekom het, ek kan nou die vrugte pluk van julle harde werk en frustrasie! Johan, jy het seker nooit gedink jy sal so 'n storm opskop oor Afrikaanse ghitaar musiek. Groetnis.

-- Dereck (dereck.botha@za.didata.com), December 10, 2002.

Ek soek baie graag afrikaanse kitaar koorde op die net. Ek is in Rusland en dit is onmoontlik om enige iets in afrikaans te kry. As iemand iets find laat my weet.

Dankie

-- Johannes Van der Spuy (johnny_c88l@hotmail.com), December 18, 2002.


Happy day! Ek's so bly om Afrikaans te sien. NET TE MIN!Ek kan nie eintlik help nie, ek't nounet begin (probeer) kitaar speel, en ek's 'n groot Karen Zoid fan. Dis erg man, almal kla net! Ek is amper hulpeloos met webpages maak en daai goed, so ek lossit maar vir die pro's.Ek dink as dit alles regkom sal ons die rooinekke oorheers! Dink net: 'n heeltemalle afrikaanse suid afrika!wow! ek is in 'n rooinek skool, en dis erg om net daai taal te praat. Kom ons wys hulle 'n ding man! Ek dink nie ons moet net afrikaans 'lift' met musiek nie, maar somme ook met als op die web! Afrikaners IS plesierig......glo dit of nie! Ekke

-- Ekke (fordanielle44@hotmail.com), December 30, 2002.

Die site is op, ek het 'n paar veranderinge gemaak nadat ek 'n paar tips gekry het, maar ek is deurentyd besig om hom 100% reg te kry! http://www.afrikaanstabs.jislaaik.com

-- Ruan Swart (swart_za@yahoo.co.uk), January 10, 2003.

Ek was ook op soek na afrikaanse lirrieke, maar het wel by TABS.CO.ZA gekry daar is so ruk trug u hele paar op die net gesit. Geniet dit!!!!!

LOCAL IS LEKKER!!!

-- Riaan Kleyn (Riaan_kleyn@hotmail.com), January 26, 2003.


Dringind opsoek na kitaar note op net wat eg afrikaaner is.HELP ASB.?

-- johann du toit (jdt@surething.co.za), February 04, 2003.

Een van die grootste probleme is die manier waarop mense soek op die net. Ek het gevind dat daar 'n hele spul tabs op die net is, 'n mens moet net meer spesifiek in jou soektog wees. Indien jy Koos kombuis tabs soek, moenie vir "Afrikaanse tabs" soek nie, soek vir "Koos Kombuis" en tabs. Hoop dit help. Julle sal verbaas wees wat 'n mense in die hande kry as jy weet hoe om te soek daarvoor :)

-- Turin Turumbar (Turin@turin.com), February 11, 2003.

Goeie dag aan elkeen wat hier lees. My naam is Pieter. Ek is baie bly ek het vanoggend sommer gou 'n bietjie musiek gesoek. Ek is 'n Christen en speel al ongeveer 14 jaar kitaar. My gunsteling is nou wel Engels (Don Francisco), maar ek hou ook van ons eie, eg Suid- Afrikaanse liedere. Net soos julle het ek hard geoefen, drie ure per dag aan mekaar, vandag is ek nie spyt nie, so - hou so aan, ons land het mense nodig wat lief is vir hulle kitare.

Ek sou graag wil bydra tot die oplossing van julle frustrasies, want as jy nou werklik goeie Tabs begin soek is dit skaars. Hou asb. so 'n rukkie uit, dan kyk ek wat ek kan doen so tussen die werk en alles wat 'n mens besig hou...

Geniet julle kitare, dis 'n wonderlike instrument!!!

-- Pieter Kotze (pieterk@globalarc.co.za), February 12, 2003.


OK! smaak my die storie gaan nie rigting kry nie, stuur asb vir my die tabs wat julle het na die adres administrator@interplay.co.za, ek sal solank die tabs wat ek het opsit,voorlopig by www.interplay.co.za/tabs.htm. As die belangstelling en die "hits" die moeite werd is dan sal ek n nuwe site registreer. Die tabs sal by die einde februarie 2003 beskikbaar wees.

-- (stretch@interplay.co.za), February 21, 2003.

Nevermaaind, ek sien Ruan Swart het reeds n goeie job gedoen, gaan kuier vir hom by http://www.afrikaanstabs.jislaaik.com. Net kortliks so n paar tabs vir David Kramer. Stanley en die koei werk lekker in C- Am-F-G. Meisie sonder sokkies C-F-G (capo op die 2de fret)hou jou pinkie op die eerste snaar 3rde fret(van die capo af) en speel die bas koorde kry die ritme reg, klink nogal bevange. Speel die skoon of vol bar koorde met die koor. Skipskop C-F-G (ek haal hier uit my kop uit sonder n kitaar in my hande so ek mag effens uit wees en moenie my vra vir die lyrics nie ek het hulle nog nooit neergeskryf nie)

-- (stretch@interplay.co.za), February 21, 2003.

Sou dit nie lekker wees om 'n Titel of Outeur in 'n 'searchbox' te tik en binne sekondes te wees by wat jy soek nie?

As ons saam werk kan ons 'n sinvolle eg Suid-Afrikaanse musiek laboratorium skep waar ons mekaar kan help, leer en sommer alles omtrent kitaar en musiek kan opspoor. Ek besef ons soek almal drukke ens..., maar wat daarvan as jy kon leer by 'n web vriend hoe om kitaar musiek te 'filter' van 'n CD af met jou eie gehoor, of dalk eendag 'n 'button' kan druk terwyl jy 'n CD op jou rekenaar speel en dan... wie weet wat alles.

Is ek te optimisties?

Julle sal verbaas wees wat gedoen kan word as jy die regte programme op jou rekenaar het met so bietjie intelegensie daar agter. Jy kan bladmusiek 'convert' na tabs en wat nog.

Maar, die geheime sal aan die lig kom wanneer ons 'n ordentlike Webtuiste het waarvandaan ons hierdie tipe sagteware kan aflaai ens.

Het enigiemand 'n gratis webtuiste wat Active Server Pages kan hanteer? As jy het, laat weet my, dan sal ek vir ons die programmering daarvan hanteer, en as ek vasbrand betrek ons Gurus op die gebied oor die hele wêreld.

The Deployment Computer for Active Server Pages: For deployment purposes, you should have Internet Information Server (with Active Server Pages) installed on your Web server, along with any supplemental system such as database applications that are needed by your application.

Ek verkies om SQL te gebruik, maar gewone Access.mdb sal seker nie 'n chaos veroorsaak nie? Ons kan in elk geval MSDE install aangesien dit gratis is en SQL hanteer.

-- Pieter (pieterk@globalarc.co.za), March 07, 2003.


MANNE! VROUE! VERGEET ALLES WAT JULLE MA-HULLE JULLE GELEER HET! VERGEET VAN DIE FEIT DAT DAAR GEEN AFRIKAANSE TABS OP DIE NET IS WAT DIE MOEITE WERD IS NIE! EK HET 'N SITE ONTWIKKEL WAT NA AL JULLE NEEDS GAAN OMSIEN. DIE SITE IS... IS...

www.geocities.com/kitaarmykruis !!!!!!!!!!!!!!!

GAAN CHECK DIT UIT. JULLE WEEMOEDIGE TOESTANDE SAL IETS VAN DIE VERLEDE WEES!

-- Jasper van Zyl (jaspervanzyl@mailbox.co.za), March 08, 2003.


thanx!!,Hier uit Atlanta usa

-- silinder (wwwlinde@aol.com), March 08, 2003.

So sit ek en drink 'n Ausie witwyn op 'n warm Queensland aand en tokkel ek my kitaar op soek wat almal soek.

Dit is goed om te sien dat daar so baie Afrikaanse kitaar ondersteuners is. Jammer oor die krieket.

Vreugde

-- jaco Boshoff (jaco.boshoff@ernstyoung.com.au), March 13, 2003.


Dagse

Ja, dit is onmoontlik om akkoorde van Afrikaanse musiek te kry.

Ek is bly om te sien dat soveel mense belang stel in so 'n webblad. My vraag is net: Wat kan ons daaraan doen. As die kunstenaars gewillig is, kan ons plan maak... maar dit lyk amper nie so nie.

Daar is wel 'n paar plekke waar jy kan Afrikaanse Cd's koop. Hoeveel van julle stel eintlik belang daarin om die Afrikaanse sangers soos Theuns en Koos finansieel te ondersteun.

Piet

-- Pieter Adries Cronje (Hagar@studentvillage.co.za), March 27, 2003.


Ek self het so jaar terug besluit om te belê in 'n kitaar en te leer speel en tot my teleurstelling agtergekom dat daar geen afrikaanse kitaar drukke op die internet beskikbaar is nie. Is erg frustrerend om in Amerika te sit en soooooooo graag bietjie Afrikaans te wil kan speel en sing, maar nerens enige drukke te kry nie. Wonder om enigiemand al iets raakgeloop het? Is moeilik as mens nog in die beginner stadium is om self die drukke uit te werk...maar helaas moet ek erken dat ek al een song van Koos du Plessis kon uitwerk, maar al die ander van Dozi, Koos Kombuis om maar net 'n paar te noem, bly my nog ontwyk. So ek hoop dat daar darem erens lig sal wees aan die einde van die tonnel.

-- Esme de Lange (esmedelange@yahoo.com), March 28, 2003.

EK stem nogals saam Ek het of kom ek stel dit so speel ook. maar het 'n tekort aan afrikaanse volks songs. soos sariemare ens Dis 'n skande dat daar niks aan gedoen word nie. maar nou ja. EK is afrikaans as iemand volks songs het stuur asb vir my

-- Ryno Engelbrecht (Nariepxxx@yahoo.com), April 04, 2003.

Het onlangs internet by die werk gekry en vinnig deur jul briewe gegaan.

Ek is opsoek na Mannetjies Roux se bladmusiek, van Laurika. Weet nie waar om te begin soek nie. Kan iemand my dalk help asseblief?

Ek sal graag ook tips wil he om te leer "pick", het video gekoop teen duurste maar is vreeslik onduidelik.

As julle belang stel, ek het redelik `n algemene groot verskeidenheid van baie bekende liefdes, country, pubsongs en nog vele meer, die soort wat jy byna elke dag op radio hoor. Ongelukkig die meeste engels. Stuur vir my julle besonderhede. Ons moet dalk een of ander liedjie uitruil-ding begin.

See Ye!

-- Maraai (www.exerlite@northweb.co.za), April 07, 2003.


Mense, luister vir my! ek het 'n webblad, KITAAR MY KRUIS, met by die honderd Afrikaanse tabs. www.geocities.com/kitaarmykruis

Gaan kyk, en gaan haal.

Jasper

-- Jasper (jaspervanzyl@mailbox.co.za), April 13, 2003.


Thanks ou, sal gaan kyk!!!

-- Maraai (exerlite@nothweb.co.za), April 17, 2003.

ek is 15 ek soek self al n rukkie vir afrikaans "tabs" gan kyk op guitartabs.com en gan dan na top 100 tab sites toe kyk daar nir suid afrikaanse musiek en gan dan daar in as jule enige iets anders kry laat weet my asb

-- laetitia (angelvoice@xsinet.co.za), April 19, 2003.

Gaan kyk by www.tabs.co.za

Daar is 'n kolmp afrikaans tabs.

Hoop jy kom reg

-- Tony (zedpup@htomail.com), June 11, 2003.


Hi ek is nou 17 jaar oud. Ek speel al kitaar vir 2 jaar of iets. Ek dink suid afrikaanse musiek is beste seker soos akkedis, spinnekop, koos,piet botha en lucas maree. As enige iemand tabs kry email vir my. Ek het 'n paar koos kombuis, karin zoid, theuns jordaan ens. Email vir my as jy soek, maar stuur ook asb. vir my wat julle het!! Kan 'n Boffin nie 'n website maak waar almal hulle tabs kan opsit nie?? Dit sal great wees!!

-- Robert Hewitt (Hewittfam@mweb.co.za), June 21, 2003.

Hi, my naam is Christiaan en ek is vyftien - ek speel nou al net vir 'n jaar al kitaar (het my self maar geleer), ek kom darm al goed reg. Ek het baie musiek en sal so veel as moontlik vir "Julle" rpobeer stuur.

As iemand dalk die liedjie "Die Heel Beste Rede" het, kan U my asb. help en dit vir my te stuur.

Dit sal baie wardeer word.

God Bless

Christiaan :)

-- Christiaan Bornman (christiaanbornman@hotmail.com), June 28, 2003.


HI Ok kom ons hou op kla, kom ons word positief, kom ons probeer tenminse om nie die selfde foute as ons voorvaders te maak nie, Ons is afrikaans en trots daarop, maar net as ons kan kla! Kom ons is trots op wat ons het staan saam en maak dit beter! Daar is nou 'n site ontwikkel, www.geocities.com/kitaarmykruis SO hoekom kla ons dan nou nog, daar is baie songs, ja daar is nog baie songs nie daarop nie, maar kom ons help vir Jasper, MAil hom met nog songs, eks seker hy sal dit waardeur, Jasper, jammer ek is voorbarig, hoop nie jy gee om nie, Mail hom by jaspervanzyl@mailbox.co.za. Kom ons maak KITAAR MY KRUIS groter as Olga!

Jasper laat ons weet, dan begin ons mail, ons het heelwat musiek, Jeanine heel bo aan die gekla sal ons ook help! Wat se julle, kom ons bou 'n boeretaal staat!

-- Rudi Geldenhuys (geldenhuysrr@nampak.co.za), June 29, 2003.


Goeie menere. Dis goed om te sien dat die S-Afrikaners mekaar kan uithelp. Ek bly in Wembley, London en wil graag weet daar iemand in my omgewing is wat saam my bietjie goeie Afrikaanse treffers kan speel. Ek jol kitaar nou al vir so 3mnde en is besig om goed gat te skop. Mooi loop. Herman Du Plessis

-- Herman (hduplessis@hotmail.com), July 04, 2003.

Julle soek almal na 'n naald in 'n hooimied mense. Ek het jare gelede 'n blad gehad met alles wat julle soek, maar toe het 'n Suid- Afrikaanse sanger (Dis reg .. Een van ons eie) my probeer hof toe sleep oor die blad, met die gevolg dat ek die blad moes sluit. Snaaks dat hy onlangs een van die voorlopers was wat wil hê daar moet meer afrikaans op die radio gespeel word. Al wat ek dus deesdae kan bied in afrikaans, sonder om hof toe te gaan, kan julle op my webblad gaan soek. www.midiboer.co.za As daar ander versoeke is, laat weet maar.

-- Vos (bladmeester@midiboer.co.za), July 15, 2003.

KITAAR MY KRUIS het nie gewerk toe ek dit wou besoek nie. Dit is sommer boktwak die dat ons nie lekker BOEREJOL musiek kan kry nie.

Ek sou dit nou laaik om 'n bietjie Anton Goosen of Valliant Swart op my kitaar te kon speel.

KOM ONS DOEN IETS. Iemand wat dalk hulp soek met die begin van so 'n Afrikaner musiek blad het my volle ondersteuning.

Anton Burger

-- Anton Burger (antonburger01@hotmail.com), August 04, 2003.


KITAAR MY KRUIS WERK!!!!!!!!

Hoera!!!!!

dis nou vir jou 'n ordentlike blad daardie.

DANKIE aan JASPER VAN ZYL en WP DU PLESSIS (Blykbaar ook bekend as MENEER P)

Anton Burger

-- Anton Burger (antonburger01@hotmail.com), August 04, 2003.


ek is een van koos kombuis, karen zoid en david kramer se grootste fans en om te sit en sit en en SIT sonder om iets te kry op die internet is woes frustrerend!! laurika rauch se drukke is haar musiekboeke is ongelooflik moelik agv haar altstem en onbekostigbaar vir my sakgeld... (my pa is ryk - ek is arm!) = ) as daar een of ander kreatiewe fundi daar buite is wat weet hoe rekenaars en websites en al die tegnologiese dinge werk wat ek nie verstaan nie - BEGIN 'N SITE MET AFRIKAANSE CHORDS ASSEBLIEF!!!!!! ons meot afrikaans laat bly voortleef!!! en wat IS nou net meer cooler en alternative as afrikaanse musiek?????? indien moontlik - notify almal wat belangstel as daar vordering kom met websites - ek is seker amal kan 'n bydrae van 'n aard lewer!!

-- nicola pheiffer (pikkels@pacbell.net), September 29, 2003.

jammer ek kan julle nie help nie,kom join my ma by ferkin dinsdae.dis n fees om afrikaans te wees.pieter mag ma musiek maak.sal nog kyk of ek afrikaanse tabs kan kry,laat weet my asb as julle gekry het.

-- louis (louis@asolution.co.za), October 01, 2003.

Hey Almal ek het groot nuus! (Wel ek dink so). Almal wat op soek is na Afrikaans liedjies en afrikaanse kitaar note kan op www.tabs.co.za gaan kyk onder SA bands. Daar is alles wat jy nog ooit gesoek het! Ek hoop regtig dit help julle mense. E-mail my maar as dit gehelp het! Dankie

-- Foxster (Sexbug00007@webmail.co.za), October 04, 2003.

wil mar net sê louis jy weet waarvan jy praat. mense gaan maak biki 'n draai dinsdae by firkin (centurion) of woensdae by Baron (northcliff corner). pieter smith weet rerig wat hy doen en glo my jou afrikaner hartjie sal vinniger klop wanner almal so oppi stoele staan en afrikaans sing. rerig die moeite werd. WANT ALLES KLINK BETER IN AFRIKAANS!!!

-- heska (iti04195@mweb.co.za), October 26, 2003.

Nog 'n man wat met sy hande in sy hare sit.Asseblief kerels,ek soek afrikaanse musiek met 'n seer hart.Ek het al ure gesoek vir kitaar bladmusiek,maar tot my spyt kry ek net engelse musiek.Wat gaan aan?As iemand my kan help,asseblief,ek is desperaat,my kitaar snare moet wikkel.Cheers en hou afrikaans hoog!!

-- Karel Venter (Chillies@mp3.co.za), October 30, 2003.

ja dit is dit noggal bra bollie . In elk geval , kom ons help n bietjie mekaar . Ek kan verkeerd wees maar ENGEL VAN KARIN ZOID IS : DAGA TUSSEN JOU EN MY VAN DOZI IS : DGAGAD Daar is baie boeke van Koos se musiek ouens ( wat hy self geskryf het), soek net so bietje. bye

-- stephnus (14052709@sun.ac.za), November 11, 2003.

Ja ouens Afrikaanse musiek is maar skaars maar ek is besig om klomp van Koos kombuis se mtabs te kry by 'n vriend wat 'n hele boek daarvan het. Ek sal probeer dit op die net sit sal seker op Tabcrawler sit. P.S daar is 2 koos kombuis tabs op tabcrawler.com

-- Wikus Villet (shecon@absamail.co.za), November 11, 2003.

Ek het verder gaan soek en 'n very up to date site gekry. Proebeer maar tabs.co.za daar is so 'n paar goed om jou vir 'n week of 2 besig te hou.Ek beplan om al my Afrikaanse tabs ook daar te sit of om my eie Site te maak sal julle laat weet.E mail a.s.b

-- Wikus Villet (shecon@absamail.co.za), November 12, 2003.

http://www.geocities.com/kitaarmykruis/ Is 'n wonderlike website om afrikaanse kitaardrukke te kry. Julle mense kan dit gerus probeer, ek het daar drukke gekry waarna ek forever na gesoek het! Jasper van Zyl en WP du Plessis, julle het wonderlike werk gedoen!

-- Nickey (pnpelser@msn.com), November 24, 2003.

Ek het all Karen Ziod, Theuns Jordaan, Koos Kombuis ens gekry op www.tabs.co.za julle moet daar gaan kyk.

-- Martin (martin@amg.co.za), December 02, 2003.

Luister, ek weet nie waaroor almal so aangaan nie. Daar is n site wat ontwerp is deur my en my neef WP KITAAR MY KRUIS (www.geocities.com/kitaarmykruis)

Gaan kyk nou dadelik daar! Daar is by die 120 Afrikaanse tabs! (Dis nou as ek reg skat!)

Jasper

-- Jasper van KITAAR MY KRUIS (jaspervanzyl@mailbox.co.za), December 06, 2003.


Gaan ook nou probeer leer ! Julle ouens is bak!!

-- Rohann van Zyl (rvanzyl1@absamail.co.za), December 26, 2003.

Hey mense! Ek is 'n 15-jarige outjie vannie kaap af, ek speel al vir bietjie meer as 'n jaar kitaar. Ek het onlangs besluit om te begin soek vir Afrikaanse bladmusiek, maar kon ook niks kry nie. Ek wil net baie dankie se vir die link na www.tabs.co.za, dit is alles wat ek nog ooit wou gehad het en nog meer! Nou gaan ek darem lekker baie Afrikaner-meisies hê wat agter my aanloop!

-- Charl Cilliers (riftss@hotmail.com), January 03, 2004.

Ek sal met graagte akkorde verskaf vir die afrikaanse songs wat ek al gehoor het, maar ek het nie die lirieke nie en het nie tyd om dit oor te tik nie. Die makliker oplossing is om 'n FAK in die hande te kry (dit is 'n boek. 'n boek is 'n klomp velle papier met inligting op wat aanmekaar gebind is. As jy nie weet nie vra vir Ouma). Tik die songs oor, sit die akkoorde by (wat reeds in die boek is) en sit dit op die net. Of scan dit in (kyk uit vir goed soos kopie reg en royalties).

Ciao

-- Louis Fourie (faber@internext.co.za), January 08, 2004.


Hi daar mense. Ek is al 'n ou kitaar speler, en ek sal kyk of ek kan contribute tot die cause. Ok... ek praat die nuwe afrikaans. hehe.

Ek is opsoek na Mali die slaaf se lied. Ja, ek weet dit is 'n onbekende ding, maar die song draai in my kop vir 'n week nou al, en ek het so bietjie rondgekyk etc. Dit sal great wees as iemand my kan help. rlaurie@sce.co.za

-Reenen

-- Reenen Laurie (rlaurie@sce.co.za), January 16, 2004.


Hey almal. Ek sukkel net so baie om Afrikaanse musiek op die net te kry. Die beste was musiek.co.za. Dis net 'n storie om by die regte plek uit te kom... Ek het al 'n paar Kurt Darren songs daar gekry en daar is baie Luarika stuff. Ek hoop ek kon bietjie help. Lekker speel!!! Laat weet my as julle nog iets kry!

-- Tanielle (northpiness@adept.co.za), February 06, 2004.

Hi almal. Ek het al 'n paar mense gesien wat tabs.co.za noem, maar baie mense het dit (klaarblyklik) nog nie gesien nie. GAAN KYK DAAR! Click net op "Afrikaans" (aan die linkerkant) en voila! Ek soek ook nog afrikaanse musiek (veral "Jan jy's 'n beuatiful man" en "Gentleman's song" van Karen Zoid"), so as iemand kan help...

-- MaDs :) (madelene@eject.co.za), February 14, 2004.

hallo daar!! AAFRIKAANS IS DIE BESTE OOIT EN AFRIKAANSE MUSIEK IS ONGELOOFLIK NICE!!! En ek wil graag vir Jasoer en mnr P se baie dankie vir al julle moeite n so aan!! ons het regtig al baie aande langs kampvure deurnag en gesit en kitaar speel en sing met drukke wat ons by julle kon kry!!

dankie vir als en onthou: AFRIKAANS IS DIE HARTKOLP VAN SUID AFRIKA!! EN DIE MEES BEVANGE TAAL OOIT!!

-- Sané Lotter (slakkie@therugby.co.za), March 30, 2004.


Wel nou ja ek was ook nou hier.Ek is in die bevooregte poessiesie om 24/7 internet te he en ek kon ook nie iets kry nie.

`n ou kry so hier en daar lirieke maar nie van daai met die druke by nie aan die begin was dit vir my ook n groot proebleem maar die Here het my geseen om vinnig op gehoor te leer speel. Maar kom ons kyk of my plan dalk kan werk ek het eendag vir Dozi n E-mail gestuur en man is daai nou n vriendelike ou en baie behulpsaam. So ek het nou n plan meeste van ons afrikaanse kunstenaars het hulle eie webbladens so as ons nou almal vir hulle emails stuur dan moet hulle kan sien dat daar n behoefte is vir so n iets. Jis ouens kyk net hoe het julle hier saamgestaan.

LEKKER KITAAR SPEEL !!!!

WALLY

-- Noem my sommer Wally (sindyenwalter@hotmail.com), April 06, 2004.


Goeie naand....

Ek is hier in Londen weet nie hoeveel van julle mense is ook hier nie,daar is so ongelooflik baie bydrae mens kan nie almal lees nie. Hoop dit gaan goed met almal in SA,en oor die werld. Ons boer mense is darem maar oorals...

Wel die probleem wat ons almal maar het is musiek in Afrikaans op die web,ek is seker daar is 'n manier hoe ons die probleempie kan uitsorteer.Ek weet nie wie van julle is bekend met die naam Pieter Smit nie maar die man is die insperasie agter my passie om te wil kan Kitaar speel. Ek het hom by Maloney's in PTA vir die eerste keer gehoor speel en die van julle wat al daar was sal weet waarvan ek praat,wel ek gaan probeer in verbinding tree met hom en by hom hoor wat se raad hy vir ons kan gee.Want die man kan so te se eenige iets speel.

As daar iemand is wat wel musiek het,sal dit gaaf wees om dit vir my aan te stuur.

Groete uit 'n "sonnige" Londen

Leon

-- Leonard M Paulsen (witkind@hotmail.com), April 30, 2004.


Hi julle

Na ure se gesoek is ek nou net mooi g-vol!! Sit hier en Engeland en my afrikaanse cd's is al sif gespeel maar dit hou my darem 'Sane' Hoekom as daar nou al van 2002? af gekla word, is daar nog steeds nie 'n ordentlike site waar mens musiek kan down load nie?? Nee kom nou boertjies dis mos nie hoe dit werk nie!!!!

-- Tanja Cleghorn (tcleghorn@webmail.co.za), June 05, 2004.


Hey.

ek is 'n baie groot fan van Gert Vlok Nel. As enige iemand tabs (behalwe vir beautiful in Beaufortwes en rivier) het, kan julle dit asb vir my mail? Thanks ek wardeer dit

-- Anton Herholdt (Brood) (02173@prg.wcape.school.za), June 19, 2004.


hallo aan almal at net so lief vir musiek is soos ek...en dan musiek in afrikaans, eks opsoek na die musiek van victoria baai van lucas maree en DIs jy (Jan jy is 'n beatiful man) soos die girl hier bo sê van karen zoid. so as jy 'n ou tydjie het en verveeld id en klaar is met jou eksamens...stuur dit vi ASB!!! 'n lekker jaar aan julle almal en wees geseënd!!! lizanne (12418277@puknet.puk.ac.za

-- lizanne (12418277@puknet.puk.ac.za), June 24, 2004.

Hallo almal!

Ek is seker almal het een of ander Afrikaanse liedjie se akkoorde self uit gewerk? Kom ons begin ons eie website en deel lietjies! Die akoorde van Afr is nie so moeilik nie.Eks ook bly daar is mense wat soos ek voel, maar dit help nie almal sit so nie. As almal iets doen sal ons wel érens kom. Kontak my. Ek kan dalk help.AFRIKAANS IS KONING!!!!!!!!!11

-- René du Plessis (reneduplessis2000@yahoo.co.uk), June 28, 2004.


Hi daar !

Ek is 16 en speel nou al 'n maand kitaar en speel al goed, aangesien ek 'n klavier agtergrond het. Anyways, ek het tabs van redelik klomp liedjies wat ek self uitgewerk het. Van die liedjies wat ek van gehoor af speel is: Vier Seisoene Kind, Ridder, Eva, Stoksielalleen, Loslappie, Lepellê, Lente in die Boland, Karoonag ens. As van die tabs wil hê, kontak my, dan ruil ons uit. Ek is onder andere dringend opsoek na Anton Goosen tabs.

Kitaargroete

PS: Die tabs is nie profesioneel nie, maar my eie weergawes. Hulle is bedoel vir om die kampvuur :)))

-- Stefan van Zyl (stefanvanzyl@absamail.co.za), July 03, 2004.


Is julle mense hardhorend of wat? Leef julle vir die afgelope JAAR EN 'n HALF in 'n gat? Daar is LANKAL 'n webblad met Afrikaanse kitaartabs (nou al by die 220!) en dis KITAAR MY KRUIS en dis deur my en my neef Jasper onwerp! Gaan kyk DADELIK: www.geocities.com/kitaarmykruis

Onthou mense die site kan net groei as julle mense bydra! Ons kry baie e-posse van mense wat ons van 'n kant af uitvreet omdat die site glo nie opgedateer word nie. Daar's 'n goeie rede: ons het niks om dit mee op te dateer as julle nie gee nie!

Praat weer!

WP

-- WP du Plessis (wpdup@mailbox.co.za), July 23, 2004.


Ouens hou op moun en gaan kyk 'n bietjie op www.tabs.co.za. Daar is darem 'n paar Afrikaanse songs om mee te begin. Koos,Karen,Theuns en nog 'n hele paar ander.

-- Johan Jordaan (johan_jordaan@hotmail.com), October 25, 2004.

Yes almal - ek het ook my gat of gesoek na kitaar tabs op die net. Al wat ek kon kry is die volgende website.

www.geocities.com/kitaarmykruis

Hoop julle genit dit is nogal ok.

Simon !!!!!!!

-- Simon (simon@perfectpools.co.za), October 28, 2004.


Ek soek al 3 ure aanhoudend na afrikaanse musiek en het nog net twee songs van Koos Kombuis gekry. Wel, vir sy werk is dit drie ure se soek werd! Dalk moet ons klomp ons eie songs uitwerk en dit probeer op die net sit? As enige iemand van Karen Zoid se chords het. Stuur dit asseblief vir my! Ek speel al vir vier jaar kitaar en sal graag songs wil uitruil met iemand. P.s ddisselblom rock!

-- Suria (beliaenpiet@xsinet.co.za), October 29, 2004.

zoek ook is op papier op internet gaat moeilijk zijn

-- Philip Smolders (ik_vis_@hotmail.com), November 02, 2004.

Waarom sukkel julle so? 1. www.geocities.com/kitaarmykruis 2. www.tabs.co.za kies dan afrikaans of SA

-- elwee van der merwe (elwee@lantic.net), November 04, 2004.

al maande gesoek vir afrikaanse koorde op die net, geen sukses. Sal wardeer as iemand wat het ook vir my kan aanstuur.

-- riana jane murray (rianamurray@yahoo.com), January 24, 2005.

Dagsê! Ek's al blou gesoek. Maar nou ja... Ek's 'n orrelis en speel klavier, en kry nie die bladmusiek waarna ek soek nie! Ek het wel toevallig afgekom op www.bladmusiek.co.za

Hulle is 'n taamlike nuwe webtuiste, maar kan dalk van hulp wees vir sommige van julle.

Ek praat net gister met 'n kunstenaar en vra vir hom oor bladmusiek. Hy vertel my dat die beste gaan wees is maar om te sit en luister na die liedjies en die musiek self te skryf. HOE TYDROWEND !!! Ek doen dit alreeds, maar dit neem ongelooflik baie tyd.

Sterkte. As ek nog iets kry, sal ek weer inloer!

Groete

Anthony

-- Anthony Tosen (anthonytosen@mweb.co.za), February 15, 2005.


Julle kla soos vrouens ouens. Is tog nie regtig so moeilik nie. Werk die goed self uit. Of sit saam en doen dit met 'n castle en 'n braai. Hier in Engeland is dit koud maar ek en 'n vriend altwee 21 speel te lekker boeremusiek. Lank lewe Jan Brits, ddisselblim, Jac, KLOPJAG!!!! Ek het al 'n site gehad met SA musiek. Ma ongelukkig kan ek nie nou se waar nie want ek is op 'n vreemde man se keyboard. Keep in touch en ruil uit.

-- Poena (Poenana@yahoo.com), February 16, 2005.

Ek het al baie gesoek, en toe 'n baie goeie site gekry.

www.geocities.com/kitaarmykruis/kmk.html

Hier is 'n paar bands en goeie musiek.

-- Theunis (tmh2004uk@hotmail.com), March 08, 2005.


Moderation questions? read the FAQ