"Online'woordeboeke / dictionaries

greenspun.com : LUSENET : Stigting vir Afrikaans : One Thread

Daar is woordeboeke "online", maar ek weet nie hoe goed hulle is nie. Sommige beslaan meer woorde as ander. Die volgende het ek tekgekom, en al die webwerwe hieronder vermeld, dek baie tale.

1 Dutch Dictionary Project: www.freedict.com/dictionary/index.html, toon 3200 woorde Afr tot Eng, en 4100 woorde Eng tot Afr. Jy jan die woordeboeke gratis aflaai, op Win95/98/NT en Win 3.1 Jy mag ook woorde toevoeg, vir gebruik deur ander lesers. Daar is ook 'n koppel na ander woordeboeke op ander webwerwe.

2 Op ftp://ftp.ox.ac.uk/wordlists/afrikaans (Oxford Universiteit) is 'n 415k "afr dbf.zip" af te laai. ".zip" beteken dat die databank in werklikheid baie groter is, miskien 2 tot 3 keer groter, nadat jy hom uitgepak het ("unzipped it").

3 Op www.freedict.com/onldict/afr.html kan jy van A tot E of E tot A, 'n woord intik and ook kies hoeveel verskillende, dws moontlike betekinisse jy verkies (hierdie is 'n 'Java' woordeboek, gebruik Java-computertaal, maar dit is vir die meeste leser van SvA geen probleem nie.

4 Op www.yourdictionary.com/diction3a/.html#Afrikaans, is daar ook 'n Afrikaans-Duits woordeboek.

5 Op http://dictionaries.travlang/AfrikaansEnglish/ is 4000 woorde te vind. Daar is ook 'n gratis aflaaibare A-E woordeboek, en 'n E-A woordeboek.

6 www.yourdictionary.com het 'n reusegroot lys woordeboeke in verskillende tale, en ook Thesauruses, grammatika's, en 'n "linguistic fun page". Hulle verwelkom ook jou samewerking in die uitbreiding van die werf, wat baie gebruikervriendelik is.

Geniet!!!! Johan

-- Johan van Es (johan@eisa.net.au), April 14, 2000

Answers

Bedankt voor de lijst van woordenboeken--dat was net wat ik aan't zoeken was.

dag, Christiaan

-- Christian Ebel (christiaan@gmx.li), September 27, 2000.


Ek wonder of jy my kan help. ek is tans woonagtig in Florida in Amerika. Ek wil graag Duits leer, maar dit is vir my makliker om die woorde oor te skakel van Afrikaans na Duits in plaas van Engels na Duits omdt my Moedertaal Afrikaans is. Ek kan nie 'n Afrikaans/Duits woordeboek vind nie. Weet jy dalk waar ek dit kan kry.

-- Ilze du Toit (ilzed@hotmail.com), August 12, 2001.

Moderation questions? read the FAQ