Oud huidige Weermag SAP lede webblad en Geselsgroep

greenspun.com : LUSENET : Stigting vir Afrikaans : One Thread

Hallo almal, Ek het `n Webblad en Geselsgroep gestig vir Oud / huidige Weermag / SAP Lede waar ons lekker saamgesels in Afrikaans. Hoe kan ek die blad adverteer. Hier is die adres. Groete Frikkie http://members.xoom.com/weermag/

-- Frikkie Potgieter (weermag@intekom.co.za), December 10, 1999

Answers

Frikkie, daar's iets fout met jou 2 adresse: die http:// en die e-pos. Ek het albei probeer, maar berigte gekry dat hulle fout is.

Skryf weer jou adresse. Vir adverteer, probeer www.dieknoop.co.za

Groete.

-- Johan van Es (johan@eisa.net.au), April 23, 2000.


Jammer julle, ek sien nou eers hoe het die goed verander.

Hier is die adres: http://go.to/samagte

Om by die groep aan te sluit:

Weermag-subscribe@topica.com

-- Frikkie Potgieter (rsaboy@intekom.co.za), August 10, 2003.


I need help urgently

-- Sandy Webb (hr@hutech.co.za), February 18, 2004.

Frikkie, Hoe op aarde gaan a webblad werk vir oud en huidige mag lede?Ou lede is van a heel ander mag as die huidige een! Die nuwe mag staan vir n regeering wat ons teen geveg het. Oil and water do not mix! Martinus verander kante soos ek my onderbroek verander! How are people of principle from die o skool vat trots en geloof het in hulle land, saam met die nuwe lot meng?

Gary

-- gary furno (gf.jira@mweb.co.za), January 28, 2005.


SA MAGTE KLUB 1912 - 1994

Graag wil ek van hierdie geleentheid gebruik maak om U uit te nooi om deel te word van die SA Magte Klub 1912 - 1994. Ek hoop van harte dat U die uitnodiging sal aanvaar en dit saam met ons sal geniet. My Gebed is dat ons saam sal wees sonder enige stuwelinge en dat ons die hand sal uitsteek na mekaar in tye van Nood.

DOEL 1. Die doel van die SA Magte Klub 1912 - 1994 is om 'n vrywillige, nie Politiese, nie winsgewende Organisasie te wees van persone, wat in diens was van die SA Magte tussen 1912 en 1994 en diesulkes bymekaar te kry, teneinde: a. Trots op wat hulle vermag het te bevorder. b. Kameraderie tussen lede te behou en te bevorder. c. By gepaste geleenthede eer aan gestorwe makkers te betoon. d. Waar moontlik lede by te staan wat probleme het.

ETIEK 2. Die Klub stel hom nie ten doel om in enige kompetisie met enige ander gediende organisasie te staan ten opsigte van die werwing van lede of ten opsigte van die nasstreef van gestelde doelwitte nie. 3. Die Klub sal bestaan uit 'n unieke groep persone wat saamgebonde is asgevolg van 'n besondere tydperk waar sekere ondervindinge gedeel was maar erken ook dat die Klub saamgestel is uit lede van al die Weermagsdele, Korpse en Polisie wie trots is op hulle eie erfenis.

STRUKTUUR 4. Die Klub stel hom ten doel om sy bedrywighede so eenvoudig en so informeel as moontlik te behartig. a. Samekomste: Daar sal gepoog word om ten minste eenmaal per jaar 'n samekoms te reël vir alle Lede. Daar is egter geen beperking op lede om samekomste te reël soos wat dit hulle pas in die verskeie Streke nie.

LIDMAATSKAP 5. 'n Persoon is 'n lid van die Klub indien hy/sy aan die volgende criteria voldoen; a. As 'n lid van die destydse Staandemag, Burgermag, Kommandomag of Polisie oor die tydperk van 1912 tot 1994 in die SA Magte van die Republiek van Suid Afrika diens gedoen het;

b. Indien hy/sy oor dieselfde tydperk as individu of as lid van 'n eenheid, formasie of hoofkwartier van die destydse S.A.Weermag, Burgerlike Organisasie of Polisie wat ter ondersteuning van die Magte opgetree het, aktief bygedra het tot die doeltreffendheid of welsyn van die lede van die Mag.

GEBIED VAN OPTREDE 6. Die Klub funksioneer binne die grense van die R.S.A en in enige ander land waar een of meer lede woon.

7. Die amptelike tale van die Klub is Afrikaans en Engels.

Indien U belangstel, stuur slegs `n lee boodskap aan: SA-Magte-Klub- subscribe@yahoogroups.com

of kontak my direk.

Beste Magte Groete Frikkie Potgieter President SA Magte Klub 1912 – 1994 president@samagte.org

-- Frikkie Potgieter (rsaboy@intekom.co.za), January 28, 2005.



Die SA Magte Klub 1912 - 1994 Om aan te sluit: SA-Magte-Klub-subscribe@yahoogroups.com

Webadres: http://www.samagte.org/

Die SA Magte Gesêlslyn Om aan te sluit: weermag-subscribe@topica.com

Webadres: http://go.to/samagte

-- Frikkie Potgieter (rsaboy@intekom.co.za), January 29, 2005.


Moderation questions? read the FAQ