Wordwide Web en Internet is tog eiename. Hoekom word hulle soms met laer kas geskryf?

greenspun.com : LUSENET : Stigting vir Afrikaans : One Thread

Wordwide Web en Internet is tog eiename. Hoekom word hulle soms met laer kas geskryf?

-- Erwin Rode (erwin@rode.co.za), November 03, 1999

Answers

Dalk is ek verkeerd, maar die internet is tog 'n kommunikasiemedium. Ons praat van die koerant, die radio, die tydskrif, ens. Ek dink dit is daarom korrek om internet ook met 'n kleinletter te begin.

-- Daan Grobler (dgrobler@naspers.com), May 13, 2000.

Die medium is elektroniese kommunikasie, afgekort tot e-kommunikasie of e-brief of e-pos of e-media. Teoreties is dit heel moontlik dat daar eendag 'n konkurrent vir die Internet en die WWW opgerig sal word. Net soos Hoover en Jeep konkurrente gekry het. Ek weet dat Jeep tot vandag toe beswaar maak as koerante praat van "'n jeep" wat in die sand vasgeval het. Erwin Rode

-- Erwin Rode (erwin@rode.co.za), May 13, 2000.

"internet" en "world wide web" is nie eiename nie.

-- Samuel Murray (leuce@geocities.com), July 18, 2000.

"Internet" en "Web" is eiename op die Web vandag. Ek werk in die Internet industrie, en op ons Web stigte se ons, "Die Internet" en nie, "Die internet" nie. Die woord "Web" is gebruik, en nie "WWW" of "web" nie.

-- Ed Smith (esmith@writesmith.com), April 06, 2001.

spinnenweb spidersweb world wide eletronic web. Spidernet spinnen-net. www, world wide words, word wide web, who care's? Het is slechts een woord. Als je er mee Begint is hij GROOT in een zin is hij klein E-mail is leuk. Is e-mail leuk? WWW is fun. Is www fun?

Good luck,

Ron

-- Ron Berkhout (fotograaf@worldmailer.com), June 12, 2001.



Daar is natuurlik nog 'n rede: Enige iets gaan op die Wilde Wye Web.

-- Robert Thorburn (rht@boxfrog.com), July 02, 2002.

Erwin, die verskil is dalk dat die internet, anders as Jeep, deur niemand besit word nie. Daar is dus niemand om kapsie te maak teen die oorkoepelende gebruik van die woord, of teen die kleinletter, nie. Daar sal dus in die toekoms, soos jy voorstel, meer as één "internet" of "internetwerk" kan wees. Die gebruik van die kleinletter is, myns insiens, daarom meer sinvol.

-- Mariette Olwagen (molwagen@yahoo.co.uk), January 07, 2004.

Moderation questions? read the FAQ