DISKRIMINASIE TEEN AFRIKAANS/ DIE LANDBOUGEMEENSKAP

greenspun.com : LUSENET : Stigting vir Afrikaans : One Thread

Heil die leser!

DISKRIMINASIE TEEN AFRIKAANS/DIE LANDBOUGEMEENSKAP

Nou die dag bel ek die Deparrtement van Landbou om in Engels deur 'n Afrikaanssprekende dame ingelig te word dat ek nou "Agriculture" bereik het. Waarop ek toe beswaar maak in die vorm van 'n faks aan die Direkteur-generaal. My beswaar het in hoofsaak berus op die feit dat Afrikaanssprekende boere die leeu-aandeel bydra tot die landbou-ekonomie.

Die volgende dag ontvang ek 'n oproep van ene mnr Du Toit, wat homself voorstel as die adjunk-minister van landbou. Onmiddellik word ek toe ook daarvan beskuldig dat ek net so verkramp is soos die vorioge regering. Ook vertel mnr Du Toit my dat hy "ANC is omdat ons die lekkerste beleid het".

Kan iemand my s^e of dit ongrondwetlik is dat daar so teen ons taal gediskrimineer word? Ek sou graag wou regsadvies inwin en die DG van Landbou en/of mnr Du Toit voor die hof wou daag.

Staan saam Afrikaners, bruin, wit en swart, dat ons veg vir ons taalregte!

Pierre Massyn

Sel 0082 900 9253

-- P. F. Massyn (pfm@isat.co.za), August 19, 1999

Answers

Geachte heer Massyn,

-- Chris De Bo (sandebo@pi.be), October 10, 1999.

Jis ek kan dit nie glo nie, sommer net so , "omdat ons die lekerste beleid het"????? As die boere dan die mense is wat die hele ding aan die gang hou, kan hulle nie die ene mnr watookal uit sy pos uit stem nie, want so n houding kan die landbou glad nie goed doen nie!!!

Sterkte met die hele spul en almal in SA , en bly op julle kniee, dis al wat ons kan doen

-- Pieter Leibbrandt (pieterleibbrandt@hotmail.com), May 26, 2001.


Ongelukkig kan 'n mens nie een ding wil stem en 'n ander ding wil doen nie ! Gaan kyk wat was die verkiesingsuitslag (wat die boeregemeenskap insluit) wat jou 'n aanduiding gee oor hoe die algemene man op straat oor die saak van Afrikaans voel. Luister na almal om jou in die straat hoe Afrikaans gepraat word - ook op radio stasies. Kom ons kry die algemene man om weer trots op Afrikaans te wees (en nie die brousel wat meeste mense praat nie) en die res sal self regkom. Gaan luister hoe 'n Zoeloe praat, of Engelsman, verkrag hulle hulle taal soos ons? Kom ons hou op om ons kar se gearbox olie te check, radiator water te check, tyres te pomp, cool te wees, ons steak medium rare te order saam met chips, oor die speed limit te ry, die speed cops te vloek, ens, ens en ons maak ons taal weer iets om op trots te wees - dan sal mense soos Mnr du Toit ook weer vind dis die lekkerste ons Afrikaans te praat. Ons kry niks reg om met ander mense te baklei en hulle te probeer forseer om Afrikaans te praat nie, kom ons lei hulle na Afrikaans toe deur dit die lekkerste taal te maak !!!

-- HJ de Lange (hdelange@harmony.co.za), July 14, 2004.

Moderation questions? read the FAQ