Ek is 'n italianer wat onlangs besluit het om afrikaans te leer

greenspun.com : LUSENET : Stigting vir Afrikaans : One Thread

Ek is 'n italianer wat onlangs besluit het om afrikaans te leer; ek kuier ook dikwels in sa, minstens een keer vir jaar en geniet dit baie om hierdie uistekende taal te gebruik. Ten spyte van die opinie wat wil he^ afrikaans aan die apartheid tyd geassoseer moet word dink ek afrikaans moet die eerste amptlike taal in sa wees; daar is veel gedeelte van die land waar afrikaans, veral deur swartmense, soos moedertaal gebruik word en dit lyk my nou onmoontlik en onmenslik dat die geleentheid om afrikaans nie soos sa se ampetlike taal moet wees nie kan beskou word.

Ek kry so min geleentheid om afrikaans in italie te gebruik, dis net nou en dan dat ek met my afrikaanse vriende op die telefoon gesels en vat altyd met plesier enige kans soos hierdie wat U op die internet aanbied om die taal te beofen. Ek moet met U komplimenteer vir die bladsye want 'n mens so meer van die ontwikkeling en herkoms van die taal kan leer en meer plesier kry om dit te studeer.

Iemand uit 'n vreemdelinge land wat afrikaans waardeer

Maurizio De Cinti Roma Italia

-- Maurizio De Cinti (me6425@mclink.it), July 21, 1999

Answers

Liewe Maurizio

Veels geluk met jou aanleer van Afrikaans! Dit is wonderlik dat iemand in die buiteland belangstel in 'n relatiewe klein taal hier aan die Suidpunt van Afrika. Nie dat Afrikaans nie formidabele dinge regkry nie... Dit is 'n taal duisend!

Ek is geonteresseerd in hoe jy met mense in Suid-Afrika bevriend geraak het en besluit het om Afrikaans te leer praat. Dat jy nie eenvoudig met Engels tevrede was nie, bedoel ek.

'n Paar notas : Eiename (soos Italianer, Afrikaans) moet hoofletters kry; die woord "u" slegs wanneer 'n mens van of met God praat.

Stuur gerus vir my e-pos; ek sal graag in die taal van my hart met 'n nuwe liefhebber wil gesels!

Groetnis Jacomien van Niekerk

-- Jacomien van Niekerk (jvanniekerk@yahoo.com), August 07, 1999.


Ek hoop dat jie Afrikaans studeer omdat ek ook nog Afrikaans studeer al is ek in Engeland in. Ek het Engeland toe ge kom om te studeer en ek het nie Afrikaanser friende heer nie maar as ek Siud afrika toe gaan praat ek gerius Afrikaans. Tot sens ek wes gelukig en studeer. Afrikaans Leerling Delano Spies

-- Delano Spies (laxelano@hotmail.com), May 24, 2001.

Liewe vriende as julle meer kontak met geskrewe Afrikaans wil hê gaan gerus na: http://www.mweb.co.za/litnet. Daar is ook www.rsg.co.za wat Afrikaanse radio oor die internet uitsaai. RSG is egter op ouer gehore gemik, vir iets jonger van hart is daar www.mfm.co.za wat die Universiteit van Stellenbosch (Maties en dus mfm) se radiostasie is, hulle is ook van die blad af te hoor. Lekker lees en luister.

-- Herz (herz@redrival.net), July 02, 2002.

Ek het per toeval op jou skrywe afgekom en vind dit baie interressant. As jy nog ingeskakel is sal ek met graagte Afrikaans met joudeel.

RSA GROETE

-- Gerrie Gouws (gerrie@lsturnkey.com), June 27, 2003.


Ek het hierdie bladsy nou eers gelees. (Ek sien die oorspronklike boodskap was in 1999). Ek bly in Engeland, maar is oorspronklik van Suid Afrika. Ek verlang na die ou taal! As daar enige iemand is wat graag met my in Afrikaans per epos wil kommunikeer sou ek baie bly wees, veral mense wat in Suid Afrika woon, maar as jy Afrikaans kan praat en aan my wil skryf is jy baie welkom!

Ek het gewonder of ek nie 'n Afrikaanse bladsy op my webtuiste http://www.sampro.info sou plaas, maar ek weet nie of iemand sou belangstel nie (Die webtuiste is vir Engeland bedoel), so as jy so 'n bladsy sou graag lees, laat my asseblief weet!

-- Sam Bowers (sampro001@aol.com), September 19, 2003.



Moderation questions? read the FAQ