Buitelanders en Afrikaans

greenspun.com : LUSENET : Stigting vir Afrikaans : One Thread

Ek het die webblad met groot belangstelling gelees en is veral geonteresseerd in die buitelanders se entoesiasme oor die taal. Watter moontlikhede bestaan daar oorsee vir die aanleer van Afrikaans?

Ek wil die buitelandse lesers ook vra: hoe beleef julle die aanleer van Afrikaans? Is dit maklik om goeie instruksiemateriaal te bekom? En: wat is die aanvanklike motivering vir die aanleer van die taal?

-- Cecile Mienie (minitaurus@yahoo.com), April 10, 1999

Answers

1. In Nederland ben ik zelf eigenlijk niet zo bezig geweest met het aanleren van de Afrikaanse taal.

Wat ik ervan weet is dat er veel te weinig materiaal beschikbaar is. Mijn moeder wilde mij uit Nederland materiaal opsturen voor een schriftelijke cursus nederlands-afrikaans, maar kon niets vinden. Uiteindelijk vond ze op een rommelmarkt een stel langspeelplaten uit de zeventigerjaren die ze naar me opstuurt.

Ik ben erg blij dat er gewerkt wordt aan een woordenboek Nederlands-Afrikaans, wat ik hoor om me heen is dat er veel behoefte aan is.

2. Het aanleren van de taal is me eigenlijk tegengevallen.

Natuurlijk is het makkelijk om het te lezen en te verstaan, maar spreken gaat me erg moeizaam af.

Misschien omdat ik denk dat Nederlands zo na aan Afrikaans ligt dat ik dacht dat de taal leren geen probleem moest zijn. Maar de uitspraak is anders en ook de zinsopbouw is anders.

Het is wel makkelijk om lesmateriaal te krijgen hier dan in Nederland maar ik ben er niet echt naar op zoek geweest. De motivering voor het leren van de taal is dat ik hier 10 maanden ben en het leuk vind om dan ook te taal een beetje te kennen. Ik doe maatschappelijk werk en veel clienten spreken geen of weinig Engels en dan is de taal spreken erg praktisch.

-- Karlijn Hermsen (13161539@rgo.sun.ac.za), April 11, 1999.


Afrikaans is vir ons Oosterlinge relatief makliker om aan te leer as ander Westerse tale omdat Afrikaans myns insiens geweldig beinvloed is deur Asiatiese tale soos maleis in sy ontstaansfase. Ek is nie nou meer seker waar my belangstelling in Afrikaans vandaan gekom het nie, maar ek was aanvanklik van plan om na SA te immigreer. ( en is nog steeds in 'n mate)

-- takkies (kataistk@din.or.jp), May 07, 1999.

My Afrikaans is 'n swak Afrikaans. Ek het dit maar net opgetel tydens besoeke. Tog glo ek dat dit vir enige Belg of Nederlander nie moeilik is nie om 'n soort Afrikaans of 'n tussetaal te skryf en praat wat jy in miskien twee weke kan leer. Ek het - wat ek in Europa nooit doen nie - altyd op die pad die radio /uitsaai? geluister, veral die baie preke maak dit maklik om die taal te leer - dit is met alle tale dieselfde - ook die Engels van dominees klink goed - ek bedoel: 'n mens moet maar net luister hoe die taal klink en die res kom vanself. Baie mense in Suid Afrika en in Europa wat Nederlands spreek is te lui om goed te luister en juis omdat die taal so baie gelyk is dink 'n mens soms: dit is te moeilik. Dit is egter dieselfde met Nederlandse en Belgische dialekte. Wanneer Afrikaners Amsterdams hoor sal dit seker moeiliker wees as Zeeuws. Die Zeeuwe verstaan ook makliker Afrikaans as Amsterdams. Die belangrykste lyk my of 'n mens gewend is/ gewoon is om verskillende en afwykende dialekte te hoor. Die Afrikaners wat 'n paar maande Nederlands hoor sal dit nie 'n probleem vind nie. Natuurlik vat dit meer tyd om 'n mooie of 'n goeie gebruik van Afrikaans te leer maar met 'n bietjie moeite kan die meeste Belge en Nederlanders in 'n paar dae met Afrikaners gesels. Die laglus (lachlust) by daardie gesels dra by tot 'n beter begrip hoop ek Cornelis0

-- Cornelis Manhave (pani.k@worldonline.be), May 19, 1999.

Ek is 'n Oostenryker en het twee maande gelede daarmee begin om Afrikaans te leer. 'n Probleem was, dat daar is geen leerboeke of woordeboeke in Duits, wat 'n mens kan koop in Duitsland of Oostenryk. Derhalwe moes ek 'n paar boeke in Namibia bestel. Ekskuus, my Afrikaans is nog swak, maar dit is 'n baie mooi taal.

-- Michael Kraibacher (mike@austriaone.at), May 25, 1999.

Ek woon in Denemarken.Ek probeer afrikaans te leer vanaf die internet via on-line woordeboeke, koerante soos Die Burger en ander goeie internetbladsye.My motivering is dat ek graag eendag na Suid-Afrika toe wil met vakansie.

Ek het nie in Denemarken kursusse of instruksiemateriaale in afrikaans gesien nie. Dit is dus 4n moeilik projek, maar dit is vir my belangrik die taal van lande waar ek na toe reis 'n bietjie te verstaan.

-- Henrik L. Jorgensen (Henrik.joergensen@hh.hosp.dk), July 15, 1999.



Die kwessie is baie interessant; ek het self in my land (Italie) ervaar hoe moeilik is om boeke,koerante,tydskrifte, musiek ens. in die afrikaans taal te koop. Ek wou 'n taal kursus by die universiteit van Roma bywoon maar ongelukkig was daar nie genoeg studente om die kursus aan te stel nie. Maar ek het nie opgegee met die idee om afrikaans te leer nie: ek het op De Kat se tydskrifte ingeteken, vir vriende gevra om kassette en video in afrikaans hiernatoe te stuur en as ek in Suid Afrika met vakansie gaan praat ek net hierdie uitstekende taal wat verseker die mooiste ter wereld moet beskou word. Sy potensiaal is groot en word in baie lande van Europe verstaan, om afrikaans te leer is dus nie net lekker en plesierig nie maar ook ongelooflik nuttig. Ek sal in elk geval baie waardeer as iemand my kan inlig oor die moontlikheid om by instrukiemateriaal of enige ander afrikaans materiaal uit te kom.

-- Maurizio De Cinti (me6425@mclink.it), September 24, 1999.

Ek skryf hierdie eintlik spesifiek aan Maurizio de Centi, maar sommer ook vir al die ander buitelanders wat Afrikaans aanleer. Julle Afrikaans is regtig besonders goed en dit maak my hart warm om te dink dat Afrikaans vir nie-moedertaalsprekers ook so mooi is - ek kry DIEP lekker, lol.

Vir die van julle wat meer wil weet van Afrikaans, hoekom probeer julle nie UNISA (Universiteit van Suid-Afrika) nie? UNISA is 'n korrespondensie universiteit met baie studente in die buiteland. Ek self is 'n UNISA student wat Afrikaans as een van my hoofvakke gekies het. Die meeste van julle sal seker eerder in 'n beginnerskursus belang stel, maar dii bied UNISA waarskynlik ook aan.

Probeer hulle gerus by www.unisa.ac.za!

Alle sterkte! Lisa

-- Lisa Rossouw (lisarossouw@webmail.co.za), August 29, 2000.


Ek is 'n Afrikaanssprekende Suid-Afrikaner, wat self maar baie Engelse woorde in my sinne inploeg - ek moet egter sê dat ek verstom is oor die kommentare wat is sulke suiwer Afrikaans op hierdie webblad voorkom...en dit in 'n tyd dat mense bekommerd is oor die voortbestaan van die taal. Baie geluk en dankie vir die moeite wat julle doen om hierdie mooi taal aan te leer!!! Mooiloop

-- Gerhard Oosthuizen (gerhardo@micron.co.za), October 06, 2001.

Ek zou probeer, te spreek in Afrikaans. Ek kom uit Nederland en vind Afrikaans een baie taal, ek wil leer die taal, omdat het zo leuk klinkt. Ek weet seker er zijn fout in mijn tekst, verbeter mij maar!

Groeten Ron de Leeuw

-- Ron de Leeuw (watch_the_dog@hotmail.com), March 26, 2002.


Genade - sulke pragtige Afrikaans uit buitelandse monde! Waar gaan ons ou taaltjie heen - Walmart verkoop deesdae Afrikaanse kursusse! As iemand wat die teenoorgestelde doen: van Afrikaans na volledige en korrekte Nederlands probeer oorskakel, kan ek Bruce Donaldson se "Colloquial Afrikaans" aanbeveel (boek + kassette). Ek het die Colloquial Dutch met groot sukses gebruik. Dit is verkrygbaar op amazon.com. Sien ook http://www.multilingualbooks.com/afrikaan.html as jy spandabelrig voel!

-- Antoinette Coetzee (antoinette@sum-it.nl), April 21, 2002.


Liewe vriende as julle meer kontak met geskrewe Afrikaans wil hê gaan gerus na: http://www.mweb.co.za/litnet. Daar is ook www.rsg.co.za wat Afrikaanse radio oor die internet uitsaai. RSG is egter op ouer gehore gemik, vir iets jonger van hart is daar www.mfm.co.za wat die Universiteit van Stellenbosch (Maties en dus mfm) se radiostasie is, hulle is ook van die blad af te hoor. Lekker lees en luister.

-- Herz (herz@redrival.net), July 02, 2002.

Tips!!: http://www.freedict.com/onldict/afr.html (Vertaal site) http://dictionaries.travlang.com/DutchAfrikaans (Vertaal site) http://www.geocities.com/Wellesley/5897/le06.html (Internettermen)

-- Gaetan D. (Gaetan.D@Proximus.be), August 25, 2002.

baie dankie vir die ouwehoere!

-- willy gikkie (wily@loko.zs), September 12, 2003.

ek het die laatst maande myself besig gehou om afrikaans te leer, ek dink dat dit vir 'n Vlaming baie maklik is dan vir 'n Nederlander om afrikaans te leer, in my taal Vlaams het ons baie woorde wat ooreen kom met woorde uit afrikaans en daardie woorde bestaan nie in Nederlands nie, Afrikaans is mooi,ek vind dat afrikaans nie mag uitsterw nie, as ek die woord "lae lande" hoor moet ek nie alleen dink aan België en Nederland nie maar ook aan Suid Afrika. Daar moet meer kontak wees tusse ons (Belge en Nederlanders) en afrikaanssprekende suid afrikaaners. ek is lief vir die SA wyn en die liedjies, my favoriete kunstenaars is koos kombuis steve hofmeyr en Johannes Kerkorrel,ek vind dit pragtig wat stef bos doen,hom maak liedjies met sangers uit SA en daadie kombinasie is wonderbaarlik. groeten uit Vloandere' van Selim

-- Selim uit Vlaanderen (therealslimselim@hotmail.com), October 28, 2003.

Hallo, het is lang geleden dat ik nog een degelijk woordje Afrikaans geproduceerd heb. Om mijn kennis terug een beetje op te krikken ben ik op zoek naar Afrikaanse Audioboeken (ingesproken verhalen). Wie kan mij een goed adres bezorgen waar ik dergelijke audio boeken kan bestellen?

-- Raf Kiebooms (rkiebooms@epo.org), January 28, 2004.


My verloofde kom van Pretoria, ons het mekaar via 'n e-poslys ontmoet en ons bly nou al 3,5 jaar saam hier in Nederland. Die e- poslys was 'n internasionale lys, so ons het van die begin af Engels gepraat. Die hele familie spreek ook Engels, maar oorwegend Afrikaans. Ek het, nog voordat ek die eerste keer soontoe gegaan het, twee boeke gekoop oor Afrikaans: Teach yourself Afrikaans & die Tweetalige Aanleerderswoordeboek (Afrikaans/Engels en Engels/Afrikaans. ISBN: 0 624 03181, Tafelberg Uitgewers), via Intertaal (http://www.intertaal.nl). Dit was omtrent alles wat goed gelyk het, maar deesdae is dit baie makliker om goeie instruksiemateriaal in die hande te kry. My Engels is goed, so dit was nie 'n probleem vir my nie. Die meeste het ek eintlik tydens my vakansies in Suid-Afrika geleer.

My verloofde praat en skryf nou ook Nederlands, maar ons praat nog altyd oorwegend Engels saam. Dit is net 'n gewoonte wat nie wil uitsterf nie ;-) Ek het nie rêrig baie probleme gehad met die aanleer van Afrikaans nie. Daar is natuurlik altyd 'valse vriende', maar mens leer dit vinnig. Ek spreek/skryf ook vier ander tale (danksy my internasionale familie en vriende) en almal sê my Afrikaans is goed, maar ek dink ek sal nooit ophou om te leer nie. Ek het baie belangstelling vir die Afrikaanse taal en baie ander tale, maar hierdie gekte is ook 'n bietjie 'n beroepsdeformasie: ek is vertaalster. Afrikaans is darem 'n vriendelike taal en die Afrikaners is, net soos die ander Suid-Afrikane wat ek ontmoet het, baie vriendelike en hartelike mense met 'n goeie sin vir humor.

-- M. Gasseling (brojjedan@yahoo.com), June 11, 2004.


Genade! Die Afrikaans wat die buitelanders hier skryf is rerig goed. Ek is veral beindruk met die Oosterling en die Italianer wat so mooi suiwer Afrikaans skryf. Mooi julle!

-- Wickus Martin (wickus.martin@gmail.com), October 28, 2004.

ek is nie so optimisties oor die toekoms van die Afrikaans nie, Afrikaans le op sy sterfbed maar niemand gee regtig daarvoor om nie. Die Afrikaners is te lamsakkig om die taal geestriftig te bevorder en te handhaaf en aanvaar gelate dat Afrikaans stadig maar seker versmoor word. In die laaste 10 jaar is Afrikaans feitlik van al sy amptelike funksies verbeur en hierdie proses gaan nog steeds voort. En wat doen die Afrikaner om dit te keer? van my destydse Afrikaansprekende klasmaats het intussen hulle weivelde oorsee gaan soek en deesdae skryf party van hulle vir my in Engels omdat hulle hulle nou kamstig beter in Engels kan uitdruk of Afrikaans vergeet het, dis n uiters flou verskoning en vertoon die swak taalgetroudheid van die Afrikaner ,wie is hulle om my te kom vertel hulle het Afrikaans , hulle moedertaal , vergeet? In die afgelope 8 jaar bly ek nie in Suidafika nie en ek is nie eers n Afrikaanssprekende nie!( ook nie n Suidafrikaner nie) Word wakker of ek knap liewer my engels op , dit maak jou salig.

-- Jap Katgeraas (takkiesjp@hotmail.com), February 09, 2005.

Moderation questions? read the FAQ